Tuesday, March 13, 2007

Hoe kan ek ophou dankbaar wees ?

Hoe kan ek ophou dankbaar wees ?

Christus stuur my Sy Gees.

Hoe kan ek ophou van Hom praat ?

Hy is al een wat my gee: goeie raad.

Hoe kan ek stilbly as ek sien ?

Hoe die mense weier om God te dien.

Hoe kan ek teneergedruk voel ?

As ek weet Jesus het met elke mens ‘n doel.

Hoe kan ek kwaad teen ander beding ?

Die tyd is min.

Hoe kan ek my ophou met dinge van die duister ?

God is besig om te praat, en ek moet luister.

Hoe kan ek my aan aardse dinge steur ?

God se dade kan die aarde oopskeur.

Hoe kan ek my hoop op mense plaas ?

Hulle spring net rond en raas.

God is my toevlug.

By Hom is daar altyd ‘n helder lig.

Aan God al die eer

Hy is vir ewig in beheer.

U liefde is so geweldig groot

U liefde is so geweldig groot.
U help ons uit elke nood.
Gee ons die oë om te sien
Sodat ons, sonder om te dink, U sal dien.
Baie mense sê so gou,
Dis moeilik om U gebod te onderhou.
Maar dis die deel wat ek nie kan verstaan:
Wat is so moeilik om lelike woorde te laat staan ?
Waarom is dit so moeilik om na iets moois te kyk ?
En daardeur vir satan sê hy moet wyk.
Waarom moet iets wat U ons gee,
altyd verdraai word op ons wee ?
Waarom kan mense ure sit en lelike goed uit dink,
en nie sien hoe U vir hul wink ?
Daarby is hulle gou om jou uit te lag,
onbewus dat Christus ook op hulle wag.
Laat elke een wat die gedig lees
gevul word met U Gees.
Laat U wil geskied o Heer,
Laat elke mens van U leer.

Wednesday, March 7, 2007

Ons kinders

Ons kinders.

Die heel grootse juweel ….

Ons kinders, so onskuldig.

Waarom sal ander hulle wil steel ?

Dis iets wat elke regdenkende wurg.

Heer, ons huil aan U voete ….

Hoe hanteer mens hierdie goete…?

My hart skreeu dit uit …

Heer, hoor ons smeekgebede.

Heer, moenie U oë vir hierdie dinge sluit…

Heer, ons kinders maak alles die moeite werd in die hede.

Heer, die vrae is baie

Die antwoorde is so min.

Beskerm ons kinders teen hierdie draaie

Heer, gee U aan ons lewe weer sin.

Ek weet ons almal moet Eendag tot rus kom.

Maar op hierdie manier ?

My woorde klink hol en leeg.

Heer, U weet ons almal staan verstom

Hierdie nuwe stormvloed van onskuldige moorde…

Heer, hou U die ouers van hierdie kinders heel.

Heer, net U alleen kan hulle berusting gee.

Die pyn sny deur elkeen van ons.

Tuesday, March 6, 2007

Vandag beteken sewe stappe nader aan God

V van nou af het jy weer ‘n nuwe kans

A aan God al die eer

N net jy kan besluit of jy Jesus as jou

saligmaker aanneem

D dat Jesus jou laste wil dra

A altyd sal die Heilige Gees jou bystaan

G God is liefde

Al tel jy net ses letters is die sewende stap om God aan te neem.

Nou is die vraag wat gaan jy met vandag doen my vrind ?

Want môre is jy dalk nie meer te vind.

Gaan jy vandag laat verby gaan ?

En hierdie belangrike stap tot môre laat staan ?

Miskien moet jy maar weer ‘n slag dink.

En ook sien hoe jou toekoms blink.

Want vandag is nog nie verby.

Friday, March 2, 2007

Dankie dat U ook die droefheid seën

Dankie dat U saam met ons ween.

Heer, leer ander mense ook van U.

Leer almal dat U ons stuur.

Laat elke mens op aarde weet,

waarom U ons Hemelse Vader heet.

Dit beteken tog dat U ons lief het,

dit beteken dat U ons help met

alles wat ons is en doen.

Vanaf die sole van ons skoen

tot aan die boonste punt van ons liggaam.

Laat ons altyd bewus wees van U vaam.

Anders as Elvis se glorie,

is hierdie ‘n baie beter storie.

U was van altyd af tot in Ewigheid.

Almal het al gehoor van U die wêreld wyd.

‘n Storie van liefde en avontuur,

wat ‘n mens deurhaak in ‘n donker uur.

Ek loop oor van U, o Heer

en daarom wil ek myself nie keer.

Wanneer jy vir iemand lief is

Wanneer jy vir iemand lief is

sal jy graag in sy arms rus,

jou oë sluit en tevrede wees.

Jul sal een wees in die gees.

Woorde is dan tog oorbodig.

En om jou sien jy die lig.

Dit is ook hoe God dit wil hê.

Al wat jy moet doen is om dit te sê.

God ken die mens, Hy het ons gemaak.

Elkeen met sy eie smaak.

Daarom werk God met elkeen anders.

Het jy al gekyk by die see na die branders ?

Elkeen spoel en breek op ‘n ander manier.

Net so het verskillende deure elk ‘n ander skanier.

Maar op die einde van die dag het elkeen dieselfde doel.

En dis ook hoe God oor ons elkeen voel.

Wanneer jy iemand rerig lief het,

en hy ook vir jou, is julle soos ‘n net.

Stewig in mekaar gevleg

met dieselfde waardes wat julle heg.

Thursday, March 1, 2007

Dis so heerlik om God te leer ken

Dis so heerlik om God te leer ken

en te sien hoe Hy siele wen.

God is in elke glimlag wanneer jy hartseer is.

En Sy oë is vol medelei en begrip.

Sy hande is sag maar ook ferm.

Hy draai nie om en stap weg as jy kerm.

Hy het selfs Sy Seun laat mens word en gelê in ‘n krip,

sodat Hy vir ons die laste kan uitwis.

Hoe lief het God nie die mens.

Juis daarom vervul Hy nie ons elke wens.

Want, hoewel Hy ons ‘n vrye keuse gee,

stap Hy steeds die pad met ons mee.

Hy weet presies wanneer ons wat nodig het,

Daarom is liefde Sy grootste wet.

Liefde is vergewendsgesind

En liefde sal altyd ‘n uitkoms vind.

Wie is sonder gebreke of volmaak ?

Slegs God kan daarop aanspraak maak.

Liefde is geduldig en begryp,

Al voel dit soms of God jou knyp.